SNELLE ONTWIKKELING EN TOE DIE DROOGTE EN DEPRESSIE
SNELLE ONTWIKKELING EN TOE DIE DROOGTE EN DEPRESSIE
Die Spoorwegowerheid se besluit op 14 April 1926 om ‘n spoorlyn oor Wesselsbron na Bultfontein te bou het die dorp se ontwikkeling ‘n vinnige en kragtige voorwaartse hupstoot gegee.
Daar was ‘n groot dispuut of die spoorlyn vanaf Bothaville na Bultfontein oor Wesselsbron of oor Hoopstad sou loop. Die saak was so ernstig dat 40 boere te perd opgeruk het. Dit was die moeite werd en daar is toestemming gegee dat die spoorlyn by TYGERFONTEIN oor die VETRIVIER na Bultfontein sou gaan.
Die Dorpsbestuur het dan ook die grond waaroor die spoorlyn sou gaan toegestaan en op 17 Desember 1927 is die servituut op erwe 5,6,55,85 en 86 opgehef. In 1928 was die spoorlyn in aanbou. Die boorgat van die dorpswater was ook genoegsaam vir die spoorweg se gebruik.
DIE SPOORLYN IS INGEWY OP 16 APRIL 1929
‘n Stoomlokomotief + Suid Afrikaanse Spoorweg vragmotor en Mnr. Kleynhans
Wesselsbron Stasie - 2012 - twee goedere-treine doen daagliks aan by die stasie.
1929
Die Kerkhof word omhein en sipresse word aangeplant.
In die park word ‘n tennisbaan omhein en miershoop word gratis
aangery vir die bou van die baan.
Daar was een voorwaarde GEEN SPORT OP SONDAE.
‘n Croquetbaan, voetbalveld en tennisbaan vir die skool, volg.
13 April 1929
Die 400 lidmate van die N.G. Kerk besluit eenparig om te begin met die insameling van ‘n KERKBOUFONDS.
19 Oktober 1929
Die Sendingkerk word ingewy.
Die foto links is vanuit
Willemsestraat na die KERKHOF toe geneem in 2011.
Op sekere kaarte word dit
deesdae aangedui as
“Sipreslaan.”
foto-2011
onder: Die oudste kaart van die dorp, wat selfs nog die draadheinings aandui, asook dat P.Louis Kotzéstraat die “Hoofd weg” is en verskuif het nadat die landmeter die dorp uitgelê het. Sien: 1918 Dorpstigting - Zoetvlei.
Die park waar die tennisbaan gebou was is tussen
Grosman- en Pretoriusstraat.
Lede van die Tennisklub by die tennisbaan wat in 1929 gebou is.
voor: Mnr. Theunissen (onderwyser), Mnr. J.P. van Niekerk (skoolhoof), Badie
Badenhorst (bestuurder Barclaysbank), Danie van Tonder (Ramohau en
daarna Van Tonders) en sy seun, Danie van Tonder jnr. Sien: Besighede.
middel:Mr. Levitt (hotel eienaar), Jan “Vaatjie” du Plooy, Mev. le Roux,
Rina Snyman (posmeesteres), Knippies le Roux (skeinat+matesis onder
-wyser), Sersant Nel (Polisiestasie bevelvoerder, later koster vd NGK),
Mnr. Grundlingh.
agter: Juf. van Vuuren, Lena van Tonder (suster van Min. Jan Viljoen), Suster
Pretorius (vroedvrou) ?, Rebe Beyers, Mev. Nel (musiek onderwyseres),
Atta Fourie (vrou van SWK- bestuurder, Niekie Fourie).
FOTO: 1939
Maart 1929 - Mnr. Koen die skoolhoof en 106 leerlinge.
Julie 1929 - Sentralisasie van skole - plaaskinders kom per bus dorpskool toe
Januarie 1930 - Nuwe skoolhoof, Mnr. J.P. van Niekerk. Vyf leerlinge skryf in vir St. 8.
Oktober 1930 - Inwyding van
Brandwag Koshuis.
21 Sept. 1931 - Inspekteur van Schalkwyk spreek die onderwysersvereniging toe en daar word besluit dat skoolsport-byeenkomste liefs op ‘n skooldag moet plaasvind.
1931 tot 1933
Toestande versleg met die DEPRESSIE en die insameling van geld vir die Kerk kom bykans tot ‘n stilstand.
24 Oktober 1933
Kerse word dwarsdeur die dag aangesteek a.g.v. ‘n STOFSTORM
27 Augustus 1933
Tussen al die elende en donkerte van die depressie ‘n LIGPUNT!
DIE BYBEL IN AFRIKAANS
word in gebruik geneem.
Uit ‘n munisipale verslag (datum onbekend) :
Gedurende Nov. 1920 is die dorp Wesselsbron deur Mnr. Johan van Rensburg, (handtekening regs bo) landmeter van Winburg, opgemeet wat bestaan het uit 531 erwe, en 228 van hierdie erwe is uitsonderlik groot (2961 vierkante meter) en die res oor die algemeen te klein (743 vierkante meter).
‘n Groot gedeelte van die dorp lê in swak potklei formasie. Die oorspronklike dorp is ook met sanitêrelane (nagstrate -links bo) uitgelê, terwyl die strate baie wyd is (18 meter).
Die uitleg van die dorp skep vir ons die volgende probleme:
1) Waar jy normaalweg met 100 meter kraglyn, waterlyn of rioollyn 3 huise kan bedien, kan op Wesselsbron slegs 2 huise bedien word.
2) Bovermelde feit word vererger in die potkleigedeeltes waar enkele huise in ‘n blok gebou is, maar die dienste nogtans voorsien moet word. Vergelyk die gedeelte Noord van Magnusstraat.
3) Waar strate normaalweg 9 meter wyd is, is Wesselsbron s’n 18 meter wyd. Met ander woorde; teerkoste verdubbel.
4) Moderne dorpe beskik nie oor sanitêrelane nie, omdat dit onnodig is en slegs ‘n eksta las vir die Raad beteken.
5) Wesselsbron is ten spyte van sy naam nie naby ‘n waterbron geleë nie, met die gevolg dat water skaars en duur is, terwyl die woonerwe groot is en nie behoorlik onderhou kan word nie.
6) In potkleigedeeltes het ons te kampe met grondbewegings wat pype bars, en dan met hoë koste onderhou moet word.
Ten spyte van bovermelde probleme het Wesselsbron tog bo verwagting gegroei wat ‘n verdere probleem skep. Sommige van die probleme is die volgende:
1) Telkens word gevind dat ons voorgangers te klein gedink het en daarom word daar nou die derde waterpyp na Wesselsbron aangelê.
2) Kragvoorsiening is ontoereikend en die Raad sal binne die volgende jaar ‘n half-miljoen Rand daaraan moet spandeer.
3) Na die afskaffing van instromingsbeheer het die swart woongebied se inwonerstal binne ‘n jaar opgeskiet van 5,600 tot die huidige 8,000.
Die Raad is egter deeglik bewus van hierdie probleme en hanteer dit soos volg:
Die huidige dorp word “gekompakteer” deur:
1) Nuwe uitbreidings terug te hou;
2) Onderverdeling van erwe aan te moedig;
3) Ou huise te laat sloop;
4) Die oprigting van voorafvervaardigde huise op potkleierwe aan te moedig.
<< sanitêrelaan
Park waar die tennisbaan was.